Oorspronkelijk gepubliceerd op 3/11/2025 – 8:17 door Leone Mattheus
Dit artikel werdt oorpronkelijk gepubliceerd op de oude Schamper site. Toen deze uit gebruik werd genomen, werden alle artikels overgezet.
Dis tyd om die oë wyd oop te maak en die waarheid te aanvaar: Afrikaans is nie net ’n taal nie – dit is die taal van die heelal, van dromende kaktusse en verliefde voëltjies wat in koor tjirp. West-Vlaams? Ha! Dis net ’n raaisel wat jou laat voel jy probeer koskoop in ’n vreemde dimensie sonder ’n handleiding. Afrikaans daarenteen: selfs jou skoen smelt as jy net sê: “Ek is lief vir jou”. Probeer dit net in Nederlands: “Ik zie je graag” …net nie, mens, net nie.
Duizend Italiaanse harte smelt soos roomys in die Sahara
Vanaf vandag klink ’n liefdesverklaring in Afrikaans net iets besonderder. Italië kan sy “Ti amo” vir wie daarvan hou om romantiek wiskundig te ontleed. Ek gee jou ’n Afrikaanse sin: “Ek het jou lief tot die sterre en terug, en dan nog verder.” Boom! Duizend Italiaanse harte smelt soos roomys in die Sahara. Probeer daardie ene net in Italiaans, en jy klink soos ’n robot wat huil.
Flieks? Engels? Pfff. Laat Hollywood sy peperdure draaiboeke eet. Ek wil ’n rolprent in Afrikaans sien en huil, lag, en intussen my fonkelwijn knoei op die bank. Van epiese liefdesoorloë tot dramatiese ongelukke, Afrikaans bring elke dialoog na die stratosfeer van emosionele genialiteit. Selfs ’n aksiefliek klink soos klassieke poësie: “Mag die Krag met jou wees!” – probeer dit net in Engels – “May the Force be with you!” en jy klink soos ’n sneeuman wat probeer brul.
Kortom: Afrikaans is nie bloot ’n taal nie. Dis ’n lewende legende, ’n sonsondergang in jou ore, ’n warm sjokolade-droom. West-Vlaams kan voortgaan om te fluister en Engels met sy droogtesinne, maar ons, die ware kenners, weet beter: die wêreld verdien MEER Afrikaans, MEER liefde, MEER drama, en beslis minder van al daardie ander gefaalde pogings.

